• logo

Adam Tas - Sit Kêrels (2018)

Adam Tas - Sit Kêrels (2018)

BAND/ARTIST: Adam Tas

  • Title: Sit Kêrels
  • Year Of Release: 2018
  • Label: Universal Music (Pty) Ltd South Africa
  • Genre: World, Pop, South Africa
  • Quality: MP3 320 kbps / FLAC (tracks)
  • Total Time: 55:09 min
  • Total Size: 128 / 376 MB
  • WebSite:
Die naam Adam Tas verwys nie vandag na die vader van geskrewe Afrikaans van die 1600s nie, maar die gewilde Afrikaanse sanger wat groot opskudding in die musiekbedryf maak.
Van ‘n klein begin in Hatfield, Pretoria tot ‘n Guiness Wereldrekord sing Adam Afrikaans met sy “Rock” ondertoon menigte se harte warm. Maar sy toekomsplanne het nooit musiek ingesluit nie, waar ‘n fietsongeluk sy liefde vir die kunstipe gekweek het.
Adam is op die 25 Augustus 1981 in Pretoria gebore. Hy het by Laerskool Garsfontein sy skoolloopbaan begin en by Hoerskool Garsfontein dit voltooi. Naskool het hy vir ‘n kursus in joernalistiek by Unisa ingeskryf en is selfs vandag ‘n gekwalifiseerde wildbewaarder.
Musiek was egter steeds nie op sy agenda nie, waar hy eintlik gedroom het om vir die Blou Bulle rugby te speel.
Dit was egter na Adam met sy fiets ‘n ongeluk gehad het dat hy met musiek in aanraking gekom het. Vir weke was Adam bedlêend en het hy sy kitaar opgetel om homself besig te hou. In die tyd het hy homself geleer kitaar speel en sy gewilde rasperstem ontwikkel.
So het sy passie en ‘n hongerte vir musiek begin groei en hy het musiekvertonings van ander kunstenaars bygewoon. Een bekende afrikaanse sanger, Valiant Swart se optrede was die laaste spykerhou wat Adam nodig gehad het om sy eie musiekloopbaan te begin.
Nes enige struikelende musikant het Adam alleen in Hatfield se kuierplekke opgetree en so sy stempel onder veral die studente gedruk. Sy eerste album, “Memories in ‘n menthol” het soos soetkoek verkoop. Adam het nie net ‘n warm stem nie, maar ook ‘n talentvolle skrywershand.
Die liedjies op sy albums is meestal deur Adam en sy vriend Kobus Koekoes Bezuidenhout geskryf.
As gekwalifiseerde wildbewaarder, teel Adam ook saam met sy pa met verskeie diere op hulle plaas. Hulle teel met nyalas, swartwitpense (sybles), skoon oos afrika buffels, ens. Adam is lief vir die natuur en 'n groot boog jagter deesdae. Hy sal graag eendag ook sy eie plaas wil besit.
Min mense kan se dat hulle naam in die Guinness boek van wêreldrekords verskyn. Adam het 2007 in 24 uur by 41 verskillende plekke opgetree en so sy plek in die gesogde boek verdien.
Verder is die sanger baie beskeie en glo sukses lê in vroeg opstaan en laat gaan slaap, asook om twee keer harder as jou grootste teenstander te werk. Hy is altyd eerste om ‘n grappie te maak en is trots daarop dat hy eerste in sy Graad 1 klas gestaan het.
Adam Tas is deesdae ook die gewilde aanbieder van die televisie programme op KykNet: WOEMA: ’n program wat handel oor al die verskillende tipe motorfietse op die mark sowel as toebehore Wild en Wragtag: ’n program wat nie net oor jag gaan nie, maar jou ook leer van hoe die wild bedryf werk en hoekom dit so belangrik is vir ons economie. Hy was ook een van die hoofkarakters in die fliek “Spook van Uniondale” saam met André Swartz, Ivan Zimmermann en Tobie Cronjé.
Van Adam se grootste vertonings bly Skouspel in die Sun City Superbowl alhoewel die klein teater optredes die lekkerste bly omdat dit so intiem is en hy kan sien hoe sy liedjies mense raak.
Adam Tas se laaste oorspronklike album “Patatas & Pyptabak” het reeds goue verkope status bereik..
In 2015 het Adam Tas almal veras met sy Johnny Cash ’n Tas vol Cash tribute album, Hierop is nie die die gewilde Cash liedjies wat ons in die fliek “Walk the line” leer ken het nie, maar die meer dieper Cash liedjies wat net Adam Tas geregtigheid aan kan laat geskied.

Tracklist:
01. Adam Tas - Die Here Se Kombuis
02. Adam Tas,Stella - Ek Is Ryk
03. Adam Tas - Plaaskatedraal
04. Adam Tas - Sit Kêrels
05. Adam Tas - Blou-oog Julie
06. Adam Tas - Vriende
07. Adam Tas - Massey Ferguson
08. Adam Tas - Voëlverskrikker
09. Adam Tas - Sophia
10. Adam Tas - Waidmannsheil
11. Adam Tas - Feëtjies Met Tattoos
12. Adam Tas - Dans Met Jou Pa
13. Adam Tas - Scotty Smith (Poliesman Kan My Nie Vang Nie)
14. Adam Tas - Meob
15. Adam Tas - Song Vir Ma
16. Adam Tas - Boerebruilof

As a ISRA.CLOUD's PREMIUM member you will have the following benefits:
  • Unlimited high speed downloads
  • Download directly without waiting time
  • Unlimited parallel downloads
  • Support for download accelerators
  • No advertising
  • Resume broken downloads